2 Chronicles 25:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die koninkryk vir hom bevestig was, het hy sy dienaars gedood wat die koning, sy vader, doodgemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Amasia goed gevestig was as koning, het hy die mans tereggestel wat sy pa vermoor het.
Afrikaans 1933/1953 En toe die koninklike mag in sy besit was, het hy sy dienaars, die moordenaars van sy vader, die koning, gedood;
Afrikaans 1983 Nadat hy goed gevestig was in sy koningskap, het hy die amptenare deur wie sy pa, die koning, vermoor is, laat doodmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die koninkryk gevestig was onder sy beheer, het hy sy amptenare tereggestel – dié wat sy vader, die koning, vermoor het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hy seker was dat hy koning sal bly, het hy sy amptenare wat sy pa vermoor het, laat doodmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe hy sy koningskap goed gevestig het, het hy die amptenare doodgemaak wat vir sy pa se dood verantwoordelik was.