2 Chronicles 25:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ná die tyd wat Amasia van die HERE afgewyk het, het hulle 'n sameswering teen hom in Jerusalem gemaak; en hy het na Lagis toe gevlug, maar hulle het na Lagis gestuur en hom daar gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat Amasia die rug gekeer het op die Here, was daar ’n sameswering teen sy lewe in Jerusalem. Daarom het hy na Lakis toe gevlug. Maar sy vyande het mense agter hom aangestuur en hulle het hom daar doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | En van die tyd af dat Am sia van die HERE afvallig geword het, het hulle 'n sameswering teen hom gesmee in Jerusalem, sodat hy na Lagis gevlug het; maar hulle het agter hom aangestuur na Lagis en hom daar gedood. |
| Afrikaans 1983 | Van die tyd dat Amasia van die Here af weggedraai het, was daar in Jerusalem sameswerings teen hom. Hy het na Lakis toe gevlug, maar hulle het mense agter hom aan gestuur daarheen en hulle het hom daar doodgemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van die tyd af dat Amasia van die Here weggedraai het, is daar in Jerusalem 'n komplot teen hom gesmee. Hy het na Lagis gevlug, maar hulle het manne agter hom aan gestuur na Lagis, en dié het hom daar doodgemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat Amasia opgehou het om die Here te dien, het mense in Jerusalem besluit om hom dood te maak. Hy het na die stad Lakis gevlug, maar hulle het mense daarnatoe gestuur en hulle het hom daar doodgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sedert die tyd dat Amasia ongehoorsaam geword het aan die Here, is daar ’n komplot in Jerusalem teen hom gesmee. Hy het Lagis toe gevlug. Die samesweerders het egter moordenaars agter hom aangestuur en hom daar in Lagis vermoor. |