2 Chronicles 25:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het al die goud en die silwer geneem en al die voorwerpe wat in die huis van God saam met Obed-Edom gevind was, en die skatte van die koning se huis, ook die gyselaars, en na Samaria teruggekeer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het al die goud en silwer en al die gereedskap weggevat uit die tempel van God wat onder toesig van Obed-Edom was. Hy het die skatte in die koninklike paleis gevat, en ook gyselaars geneem en na Samaria toe teruggegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het al die goud en die silwer geneem en al die voorwerpe wat in die huis van God by Obed-Edom te vinde was, en die skatte van die huis van die koning en ook die gyselaars, en omgedraai na Samar¡a toe. |
| Afrikaans 1983 | Hy het al die goud en silwer gevat, al die tempelgereedskap wat destyds in die tempel by Obed-Edom was, die koninklike skat, en ook nog gyselaars, en toe is hy terug Samaria toe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die goud en silwer, en al die voorwerpe wat in die huis van God by Obed-Edom te vinde was, asook die skatte in die koninklike paleis en die gyselaars, het hy geneem en teruggekeer na Samaria. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Joas het al die goud en silwer gevat, en al die ander goed wat hy in die tempel kon kry, die goed wat Obed-Edom moes oppas. Joas het ook die kosbare goed van die paleis gevat en hy het gyselaars saam met hom geneem. Toe het hy teruggegaan na die stad Samaria. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het al die goud en silwer gevat wat hy kon kry, asook die waardevolle goed in die tempel wat deur Obed-Edom opgepas is en die goed in die paleis ook. Hy het dit alles, saam met die gyselaars wat hy gevang het, Samaria toe geneem. |