2 Chronicles 25:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Joas, die koning van Israel, het Amasia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Joahas, in Bet-Semes geneem en hom na Jerusalem gebring en die muur van Jerusalem afgebreek van die Efraim-poort af tot by die Hoekpoort, vier honderd el.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Joas van Israel het koning Amasia van Juda by Bet-Semes gevang en na Jerusalem toe geneem. Joas het sy leër beveel om ongeveer 180 meter van die muur van Jerusalem plat te slaan, dit is van die Efraimspoort tot by die Hoekpoort.
Afrikaans 1933/1953 En Joas, die koning van Israel, het Am sia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Joahas, by Bet-Semes gevang en hom na Jerusalem gebring en vier honderd el van die muur van Jerusalem afgebreek, van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort.
Afrikaans 1983 Koning Joas van Israel het vir koning Amasia van Juda, seun van Joas seun van Joahas, gevange geneem in Bet-Semes en hom na Jerusalem toe gebring. Daar het Joas 'n stuk muur van Jerusalem laat afbreek, van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort, honderd en tagtig meter.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En Joas, koning van Israel, het die koning van Juda, Amasia, seun van Jehoas, seun van Joahas, in Bet-Semes gevange geneem en na Jerusalem gebring. Hy het die stadsmuur van Jerusalem afgebreek, van die Efraimspoort tot by die Hoekpoort – vierhonderd el.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Joas het vir koning Amasia van Juda, seun van Joas seun van Joahas, by Bet-Semes gevang en hy het hom na Jerusalem gebring. Daar het Joas 'n stuk van Jerusalem se muur afgebreek, die stuk muur was 400 el lank. Dit was tussen die Efraim-poort en die Hoek-poort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joas het Amasia in Bet-Semes gevang en hom na Jerusalem toe gevat. Daar het hy ’n stuk van Jerusalem se muur laat afbreek: omtrent 180 meter tussen die Efraimspoort en die Hoekpoort.