2 Chronicles 25:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het Joas, die koning van Israel, opgetrek; en hulle het mekaar in die aangesig gesien, hy sowel as Amásia, die koning van Juda, in Bet-Semes wat aan Juda behoort. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Joas van Israel het sy leër teen die leër van koning Amasia van Juda gereed gekry. Die twee leërs het by Bet-Semes in Juda teenoor mekaar stelling ingeneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe trek Joas, die koning van Israel, op; en hulle het mekaar se aangesig gesien, hy en Am sia, die koning van Juda, by Bet-Semes wat aan Juda behoort. |
| Afrikaans 1983 | Koning Joas van Israel het toe opgetrek en hy en koning Amasia van Juda het slaags geraak in Bet-Semes in Juda. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Joas, koning van Israel, trek toe op en hy en Amasia, koning van Juda, het mekaar in die oë gekyk by Bet-Semes, wat aan Juda behoort. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Joas van Israel en sy manne het gekom, en hy en Amasia het oorlog begin maak by die stad Bet-Semes in die land Juda. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joas van Israel het toe teen Amasia van Juda gaan veg. Hulle het by Bet-Semes in Juda slaags geraak. |