2 Chronicles 25:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Amasia wou nie hoor nie; want dit het van God gekom om hulle in die hand van hulle vyande te gee, omdat hulle die gode van Edom gesoek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Amasia wou egter nie luister nie, want die Here het dit so bewerk om hom in Joas se mag oor te gee omdat hy die gode van Edom aanbid het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Am sia het nie geluister nie; want dit was van God beskik om hulle uit te lewer, omdat hulle die gode van Edom gesoek het. |
| Afrikaans 1983 | Amasia het hom nie laat waarsku nie, want God het dit so bewerk om hom in Joas se mag oor te gee. Dit was omdat Amasia-hulle die gode van Edom gedien het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Amasia het egter nie geluister nie, want dit het van God gekom, met die doel dat hulle in Joas se hand oorgegee sou word, omdat hulle die gode van Edom geraadpleeg het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Amasia het nie geluister nie, want God het dit besluit. God wou hê dat Amasia die oorlog moet verloor omdat Amasia en sy manne die gode van Edom gedien het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Amasia wou nie luister nie. Dit was God se plan. Hy wou hulle straf omdat hulle die gode van Edom vereer het. |