2 Chronicles 25:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy sê: Kyk, jy het die Edomiete verslaan; en jou hart verhef jou om te roem; bly nou by die huis; Waarom sou jy jou in jou onreg bemoei, dat jy sou val, jy en Juda saam met jou?
Afrikaans (NLV) 2011 Jy mag baie trots wees omdat jy Edom verslaan het, maar my advies is dat jy tuisbly. Hoekom moet jy moeilikheid soek wat vir jou en die mense van Juda onheil sal bring?”
Afrikaans 1933/1953 U dink u het die Edomiete verslaan, daarom is u hart hoogmoedig om eer te verwerwe. Bly nou tuis! Waarom wil u u in die ongeluk stort, sodat u sou val, u en Juda saam met u?
Afrikaans 1983 Jy dink noudat jy vir Edom verslaan het, kan jy meer roem soek. Bly liewer by die huis. Waarom wil jy jou in die ongeluk stort en tot 'n val kom, jy en Juda saam met jou?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy sê, ‘Kyk, ek het die Edomiete 'n nederlaag toegedien!’ Jou hart is opgetoë, op eer gerig. Bly nou tuis! Waarom wil jy jouself in die ongeluk dompel en tot 'n val kom, jy en Juda saam met jou?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy dink noudat jy die Edomiete oorwin het, kan jy jou verbeel dat jy belangrik is. Bly by jou huis. Hoekom wil jy probleme maak vir jouself? Jy sal sterf, jy en die mense van Juda saam met jou.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het inderdaad nou vir Edom verslaan en jy voel trots daarop. Wees tog nou tevrede daarmee en bly by die huis! Waarom wil jy nou moeilikheid maak wat vir jou en die mense van Juda net ongeluk kan bring?”