2 Chronicles 25:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Joas, die koning van Israel, het na Amásia, die koning van Juda, gestuur om te sê: Die distel wat op die Líbanon was, het na die seder wat op die Líbanon was, gestuur om te sê: Gee jou dogter aan my seun as vrou, en daar het 'n wilde dier verbygegaan wat in Líbanon, en die distel getrap. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Joas, koning van Israel, het koning Amasia van Juda soos volg geantwoord: “Daar in die Libanonberge het ’n doringbos ’n boodskap na die sederboom gestuur: ‘Gee jou dogter om met my seun te trou.’ Maar op daardie oomblik het ’n wilde dier van die Libanon verbygekom, op die doringbos getrap en dit vermorsel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Joas, die koning van Israel, het Am sia, die koning van Juda, d¡t laat weet: Die distel wat op die L¡banon is, het die seder wat op die L¡banon is, laat weet: Gee jou dogter aan my seun as vrou! Maar die diere van die veld wat op die L¡banon is, het verbygegaan en die distel vertrap. |
| Afrikaans 1983 | Koning Joas van Israel het vir koning Amasia van Juda terug laat weet: “Die doringbos op die Libanon laat weet vir die seder op die Libanon: ‘Laat jou dogter met my seun trou,’ en toe kom die wilde diere van die Libanon verby en trap die doringbos plat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Joas, koning van Israel, het vir Amasia, koning van Juda, laat weet: “Die sydissel wat op die Libanon is, het vir die seder wat op die Libanon is, laat weet, ‘Gee jou dogter aan my seun as vrou.’ Die wilde diere wat op die Libanon is, het egter verbygegaan en die sydissel vertrap. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Joas van Israel het vir koning Amasia van Juda geantwoord: “Die doringbos op die Libanon-berg laat weet vir die sederboom op die Libanon-berg: ‘Gee jou dogter sodat my seun met haar kan trou.’ En toe kom daar 'n wilde dier van die Libanon-berg verby en hy trap die doringbos plat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joas het Amasia met ’n fabel geantwoord: “In die Libanonberg was daar ’n distelbos wat vir die sederboom gesê het: ‘Laat jou dogter met my seun trou.’ Net toe kom daar egter ’n wilde dier verby wat die distelbos vertrap. |