2 Chronicles 25:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Amásia, die koning van Juda, raad gegee en na Joas, die seun van Joahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, gestuur om te sê: Kom, laat ons mekaar in die aangesig sien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat hy met sy raadgewers beraadslaag het, het koning Amasia van Juda hierdie uitdaging aan Israel se koning Joas seun van Joahas en kleinseun van Jehu gestuur: “Kom, laat ons mekaar in ’n geveg ontmoet!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Am sia, die koning van Juda, het nraadpleging gestuur na Joas, die seun van Joahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, om te sê: Kom, laat ons mekaar se aangesig sien. |
| Afrikaans 1983 | Koning Amasia van Juda het op advies van sy raadgewers 'n boodskap gestuur na koning Joas van Israel, seun van Joahas: “Kom ons veg teen mekaar.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Amasia, koning van Juda, het ná raadpleging boodskappers gestuur na die koning van Israel, Joas, seun van Joagas, seun van Jehu, om vir hom te sê: “Kom ons kyk mekaar in die oë. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Amasia van Juda het gevra wat sy raadgewers sê, en toe het hy 'n boodskap gestuur vir Joas seun van koning Joahas van Israel. Hy het vir Joas gesê: “Kom ons maak oorlog teen mekaar.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nadat hy met sy raadgewers gepraat het, het Amasia ’n boodskap na koning Joas van Israel, Joahas se seun en Jehu se kleinseun, gestuur. Hy het gesê: “Kom, laat ons teen mekaar veg!” |