2 Chronicles 25:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het die toorn van die HERE teen Amásia ontvlam, en Hy het 'n profeet na hom gestuur wat vir hom gesê het: Waarom het jy die gode van die volk gesoek wat hulle eie volk nie uit jou hand kon red nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Dit het die Here baie kwaad gemaak en Hy het ’n profeet gestuur om vir Amasia te vra: “Hoekom het u gode van ’n volk aanbid wat nie eens in staat was om hulle eie mense uit u hand te red nie?”
Afrikaans 1933/1953 Toe ontvlam die toorn van die HERE teen Am sia, en Hy stuur 'n profeet na hom, en die het vir hom gesê: Waarom soek u die gode van die volk wat hulle eie volk nie uit u hand gered het nie?
Afrikaans 1983 Hieroor het die toorn van die Here teen Amasia ontvlam. Die Here het 'n profeet na hom toe gestuur en vir hom gesê: “Waarom dien jy gode wat nie hulle eie volk uit jou hande kon red nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die toorn van die Here het teen Amasia ontbrand en Hy het 'n profeet na hom gestuur. Hy het vir hom gesê: “Hoekom raadpleeg u die gode van 'n volk wat nie hulle volk uit u hand kon red nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here was kwaad vir Amasia en Hy het 'n profeet na hom toe gestuur en vir hom gesê: “Hoekom dien jy 'n ander volk se gode? Daardie gode kon nie hulle volk red toe jy hulle aangeval het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daaroor het die Here baie kwaad geword vir Amasia. Hy het ’n profeet na hom toe gestuur wat vir Amasia gesê het: “Hoe vereer u dan nou ’n spul gode wat nie eers hulle eie volk teen u kon beskerm nie?”