2 Chronicles 25:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nadat Amasia gekom het van die slagting van die Edomiete, het hy die gode van die kinders van Seïr gebring en hulle opgestel om sy gode te wees en hom voor hulle neergebuig en vir hulle rook laat opgaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe koning Amasia terugkeer van die neerlaag wat hy die Edomiete toegedien het, het hy ook afgodsbeelde saamgebring wat hy by die mense van Seïr gevat het. Hy het die beelde vir homself as gode opgestel, voor hulle neergebuig en offers gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nadat Am sia tuisgekom het van die verslaan van die Edomiete, het hy die gode van die kinders van Se‹r gebring en hulle vir hom as gode opgestel en hom voor hulle neergebuig en vir hulle offerrook laat opgaan. |
| Afrikaans 1983 | Toe Amasia van sy oorwinning oor die Edomiete af terugkom, het hy hulle afgodsbeelde saamgebring en die beelde vir homself opgestel as gode. Hy het hulle vereer en vir hulle offerandes gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat Amasia tuisgekom het van die aanval op die Edomiete, het hy die gode van die mense van Seïr laat bring en dit vir hom as gode opgestel. Voor hulle het hy in aanbidding gebuig, en vir hulle het hy offers verbrand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Amasia het teruggekom nadat hy die Edomiete oorwin het. Hy het gode van die Seïr-mense saamgebring en hy het die gode op plekke neergesit om sy gode te wees. Hy het voor die gode gebuig en hy het wierook vir hulle gebrand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na sy suksesvolle veldtog teen die Edomiete het Amasia die gode saamgebring wat hy van die vyand afgeneem het. Hy het hulle vir hom opgestel, hom voor hulle neergebuig en hulle met offers vereer. |