2 Chronicles 25:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die soldate van die leër wat Amásia teruggestuur het om nie saam met hom in die oorlog te trek nie, het op die stede van Juda geval, van Samaría af tot by Bet-Horon, en drieduisend van hulle verslaan en baie buit geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Intussen het die gehuurde soldate wat Amasia huis toe gestuur het om nie saam met hom te veg nie verskeie dorpe van Juda tussen Samaria en Bet-Goron gestroop, 3 000 mense doodgemaak en baie buit saamgeneem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die manskappe van die troepe wat Am sia laat teruggaan het om nie saam met hom in die oorlog te trek nie, het 'n plundertog onderneem in die stede van Juda, van Samar¡a af tot by Bet-Horon, en drie duisend van hulle verslaan en baie buit geroof. |
| Afrikaans 1983 | Intussen het die lede van die leërafdeling wat deur Amasia teruggestuur is sodat hulle nie saam met hom op die veldtog kon gaan nie, 'n strooptog teen die stede van Juda gemaak, van Samaria af tot by Bet-Goron. Hulle het drie duisend mense doodgemaak en baie buit weggedra. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die troepe wat Amasia teruggestuur het, sodat hulle nie saam met hom na die geveg sou gaan nie, het 'n aanval geloods op die dorpe van Juda – van Samaria tot by Bet-Goron. Hulle het drieduisend van die mense neergevel en 'n groot buit geneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Amasia het die manne van Israel laat teruggaan na hulle land sodat hulle nie saam met hom kon gaan om oorlog te maak nie. Hierdie manne het toe party stede in Juda aangeval. Hulle het die stede aangeval van Samaria tot by Bet-Goron. Hulle het 3 000 mense doodgemaak en baie goed gevat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Israelitiese soldate wat Amasia weggestuur het, het intussen in Juda amok gemaak. Hulle het op ’n plundertog deur Juda gegaan en ’n klomp dorpe tussen Samaria en Bet-Goron aangeval. Hulle het sowat 3 000 mense doodgemaak en ’n groot hoeveelheid buit vir hulle gevat. |