2 Chronicles 25:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nog tien duisend wat in die lewe oorgebly het, het die kinders van Juda in ballingskap weggevoer en hulle op die top van die rots gebring en hulle van die top van die rots af neergegooi, sodat hulle almal in stukke gebreek is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ook 10 000 van hulle gevang en van ’n krans afgegooi sodat hulle hulle onder op die rotse te pletter geval het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En tien duisend het die kinders van Juda lewendig as gevangenes weggevoer en hulle op die top van die krans gebring en hulle van die top van die krans afgegooi, sodat hulle almal verpletter is. |
| Afrikaans 1983 | Bowendien het die manne van Juda nog tien duisend lewendig gevange geneem, hulle bo op 'n krans gebring en hulle daar afgegooi. Almal het hulle te pletter geval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Tienduisend van hulle is lewendig gevang deur die Judeërs. Hulle het hulle na die bopunt van 'n rots geneem en hulle van die bopunt van die rots afgegooi. Hulle almal het hulle te pletter geval. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Judeërs het nóg 10 000 manne van Seïr lewendig gevang en hulle het die manne na die boonste punt van 'n hoë rots gebring. Die Judeërs het hulle daar afgegooi en die manne het hulle doodgeval. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het ’n verdere 10 000 gevange geneem. Dié groep is na ’n krans toe geneem en bo van die krans af gegooi. Hulle het hulle almal te pletter geval. |