2 Chronicles 25:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Amásia hulle afgesonder, naamlik die leër wat uit Efraim na hom gekom het, om weer huis toe te gaan; daarom het hulle toorn baie ontvlam teen Juda, en hulle het in groot toorn teruggekeer huis toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Amasia het toe die gehuurde troepe ontslaan en teruggestuur na Efraim toe. Hulle was baie kwaad vir Juda en is woedend huis toe.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Am sia hulle afgesonder, naamlik die troepe wat uit Efraim na hom gekom het, om na hulle woonplek te trek; maar hulle het baie kwaad geword vir Juda en teruggegaan na hulle woonplek in gloeiende toorn.
Afrikaans 1983 Amasia het toe die leërafdeling wat uit Efraim by hom aangesluit het, ontslaan en huis toe laat gaan. Hulle was bitter kwaad vir Juda en is woedend terug huis toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Amasia het hulle, die troepe wat uit Efraim na hom gekom het, onttrek om weer na hulle eie plek te gaan. Hulle was baie kwaad vir Juda, en het briesend kwaad na hulle eie plek teruggekeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Amasia het toe die groep soldate teruggestuur huis toe, die soldate wat van Efraim na hom toe gekom het. Die soldate was baie kwaad vir die koning en vir die mense van Juda, hulle het kwaad huis toe gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Amasia het die huursoldate uit Efraim toe ontslaan en hulle huis toe gestuur. Hulle was baie ontevrede oor Juda se optrede en het woedend huis toe gegaan.