2 Chronicles 24:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het 'n uitroep deur Juda en Jerusalem gedoen om die versameling wat Moses, die kneg van God, in die woestyn op Israel gelê het, aan die HERE in te bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het toe ’n bevel deur die hele Juda en Jerusalem gestuur dat die volk die belasting moes bring wat Moses, dienaar van God, in die woestyn van die Israeliete vereis het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het uitgeroep in Juda en in Jerusalem om aan die HERE die belasting wat Moses, die kneg van God, op Israel in die woestyn gelê het, te bring. |
| Afrikaans 1983 | en in Juda en in Jerusalem is aangekondig dat die bydraes wat Moses, die dienaar van die Here, in die woestyn al van Israel gevra het, vir die Here gebring moes word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Oproep is in Juda en Jerusalem gemaak om vir die Here die heffing te bring wat Moses, die dienskneg van God, Israel in die woestyn opgelê het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het toe vir die mense van Juda en Jerusalem gesê dat hulle die geld moet bring wat Moses, die dienaar van God, in die woestyn vir die Israeliete gevra het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het toe al die mense in Juda en Jerusalem opgeroep om hulle belasting in die kis te kom gooi. Hulle is daaraan herinner dat Moses, God se dienaar, dié belasting reeds in die woestyn van alle Israeliete geëis het. |