2 Chronicles 24:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die seuns van Atalia, daardie goddelose vrou, het die huis van God opgebreek; en ook al die heilige gawes van die huis van die HERE het hulle aan die Baäls gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volgelinge van die goddelose Atalia het destyds by die tempel van God ingebreek. Hulle het al die gewyde voorwerpe in die tempel van die Here vir die Baäldiens gebruik. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die goddelose At lia -- haar seuns het in die huis van God ingebreek en selfs al die heilige gawes van die huis van die HERE vir die Baäls gebruik. |
| Afrikaans 1983 | Dit was die goddelose Atalia en haar volgelinge wat die tempel in verval laat raak het. Hulle het selfs die wydingsgeskenke van die huis van die Here vir die Baäls gebruik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die goddelose Atalia – dit was haar seuns wat by die huis van God ingebreek en selfs al die •heilige gawes van die huis van die Here vir die Baäls gebruik het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was nodig om die tempel reg te maak, want die slegte Atalia en haar mense het nie die tempel reggemaak nie en hulle het die gewyde dinge van die tempel gebruik vir die Baäls. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Oor die jare het Atalia en haar mense die Here se tempel van sy spesiale voorwerpe beroof. Hulle het selfs die tempelbelasting gebruik om die Baäls te dien. |