2 Chronicles 24:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die koning het Jojada, die owerste, geroep en vir hom gesê: Waarom het jy nie van die Leviete gevra om die versameling uit Juda en Jerusalem in te bring nie, volgens die bevel van Moses, die kneg van die HERE, en van die vergadering van Israel, vir die tabernakel van die getuienis?
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning roep toe vir Jojada die hoëpriester en vra hom: “Hoekom het jy nie geëis dat die Leviete uitgaan en die tempelbelasting in die dorpe van Juda en Jerusalem insamel nie? Moses, die dienaar van die Here, het hierdie belasting gehef op die gemeente van Israel om die tent van die getuienis te onderhou.”
Afrikaans 1933/1953 Toe roep die koning die hoofpriester Jojada en sê vir hom: Waarom het jy nie gesorg dat die Leviete uit Juda en uit Jerusalem die belasting van Moses, die kneg van die HERE, en van die vergadering van Israel vir die tent van die Getuienis inbring nie?
Afrikaans 1983 en die koning het die hoëpriester Jojada laat roep en vir hom gevra: “Waarom het jy nie toegesien dat die Leviete die bydraes uit Juda en Jerusalem inbring nie? Dit is tog die bydraes wat Moses, die dienaar van die Here, van die gemeente van Israel gevra het vir die tent met die getuienis!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die koning ontbied toe die hoëpriester Jojada, en sê vir hom: “Waarom het jy nie by die Leviete daarop aangedring om uit Juda en Jerusalem die heffing vir die tent met die Getuienis in te vorder nie, soos ingestel deur Moses, die dienskneg van die Here, en deur die geloofsgemeenskap van Israel?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe roep die koning die hoëpriester Jojada en hy vra vir hom: “Hoekom het jy nie gekyk dat die Leviete die geld van die mense van Juda en Jerusalem kry nie? Dit is die geld wat hulle elke jaar moet betaal. Moses, die dienaar van die Here, het gesê die volk Israel moet die geld betaal vir die tent waarin die tien gebooie is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Joas het toe met Jojada, die hoëpriester, geraas: “Waarom het u nie gesorg dat die Leviete die tempelbelasting van die mense in Juda en Jerusalem gaan insamel nie? Moses het die belasting al in die woestyn ingestel om die tent waar die Here aanbid is te kon onderhou!”