2 Chronicles 24:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die priesters en die Leviete bymekaar laat kom en vir hulle gesê: Gaan uit na die stede van Juda, en samel geld bymekaar uit die hele Israel om die huis van julle God van jaar tot jaar te herstel, en sorg dat julle die saak verhaas. Maar die Leviete het dit nie verhaas nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die priesters en Leviete opgeroep en die volgende opdrag gegee: “Gaan dadelik na al die dorpe van Juda en samel die vereiste jaarlikse bydrae van die hele Israel in sodat ons die tempel van julle God kan herstel. Moenie versuim nie!” Die Leviete het egter nie dadelik gegaan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het hy die priesters en die Leviete versamel en aan hulle gesê: Gaan uit na die stede van Juda en versamel geld uit die hele Israel om van jaar tot jaar die huis van julle God te herstel; en julle moet gou maak met die saak! Maar die Leviete het nie gou gemaak nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die priesters en die Leviete bymekaar laat kom en vir hulle gesê: “Gaan die stede van Juda deur en samel by al die Israeliete geld in om die huis van julle God te herstel soos dit van jaar tot jaar nodig mag wees. Doen dit dadelik.” Die Leviete het die opdrag egter nie dadelik uitgevoer nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die priesters en Leviete byeengebring en vir hulle gesê: “Gaan uit na die dorpe van Juda en samel geld in by die hele Israel vir die jaarlikse herstelwerk aan die huis van julle God. Julle moet die saak vinnig afhandel.” Die Leviete het egter nie vinnig opgetree nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die priesters en die Leviete bymekaargeroep en vir hulle gesê: “Julle moet na die stede van Juda gaan en julle moet geld kry van al die Israeliete sodat julle elke jaar die tempel van julle God kan regmaak. Julle moet gou maak.” Maar die Leviete het nie gou gemaak nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het die priesters en die Leviete bymekaargeroep en gesê: “Gaan na die stede en dorpe van Juda toe. Roep al die Israeliete op om hulle jaarlikse bydraes te gee sodat ons die tempel kan opknap. Maak gou! Ek beskou dit as ’n dringende saak.” Die Leviete het getalm en nie dadelik daaraan begin werk nie. |