2 Chronicles 24:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En aangaande sy seuns en die groot laste wat op hom gelê is, en die herstel van die huis van God, kyk, dit is beskrywe in die verhaal van die boek van die konings. En sy seun Amásia het in sy plek geregeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volledige vertelling oor die seuns van Joas, die profesieë oor hom, en die verslag oor die herstel van die tempel van God is geskryf in die Kommentaar op die boek Konings. Toe hy sterf, het sy seun Amasia hom opgevolg.
Afrikaans 1933/1953 En sy seuns en die baie godsprake teen hom en die grondvesting van die huis van God -- kyk, dit is beskrywe in die Uitleg van die boek van die konings. En sy seun Am sia het in sy plek koning geword.
Afrikaans 1983 Die gegewens oor sy seuns, oor die grootte van die afkoopsom wat hy moes betaal, en oor die herbou van die tempel, is opgeneem in Die Kommentaar op die Boek van die Konings. Sy seun Amasia het hom as koning opgevolg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat sy nageslag betref, die talle profesieë teen hom, en die instandhouding van die huis van God, kyk, dit is opgeteken in die aantekeninge in die boekrol van die konings. Sy seun Amasia het in sy plek koning geword.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die name van Joas se seuns en die baie dinge wat profete teen hom gesê het en hoe hy die tempel laat regmaak het, is geskryf in die Verduidelikings van die Boek van die Konings. Joas se seun Amasia het koning geword ná hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Oor sy seuns, die swaar belasting wat hy aan ander konings moes betaal en sy herstelwerk aan die tempel van God, kan ’n mens meer lees in Die Kommentaar op die Koningsboek. Sy seun Amasia het hom opgevolg.