2 Chronicles 24:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle van hom weggegaan het (want hulle het hom in groot siektes agtergelaat), het sy dienaars teen hom 'n sameswering gemaak ter wille van die bloed van die seuns van die priester Jójada, en hom op sy bed gedood, en hy het gesterwe; en hulle het hom begrawe in die stad van Dawid, maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Arameërs het teruggetrek en Joas ernstig gewond agtergelaat. Sy eie offisiere het teen hom saamgesweer en hom in sy bed vermoor. Dit was omdat hy die seun van Jojada die priester laat doodmaak het. Hy is begrawe in die Dawidstad, maar nie in die koninklike begraafplaas nie.
Afrikaans 1933/1953 En toe hulle van hom wegtrek -- want hulle het hom in hewige pyne agtergelaat -- smee sy dienaars 'n sameswering teen hom vanweë die bloed van die seun van die priester Jojada; en hulle het hom op sy bed vermoor, sodat hy gesterf het; en hy is begrawe in die stad van Dawid, maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie.
Afrikaans 1983 Toe hulle weggaan, het hulle hom swaar gewond agtergelaat, en sy eie amptenare het teen hom saamgesweer en hom in sy bed vermoor. Dit was omdat hy die seun van die priester Jojada laat doodmaak het. So is Joas dood. Hy is in die Dawidstad begrawe, maar nie in 'n koningsgraf nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle van hom weggetrek het – ja, hulle het hom ernstig gewond agtergelaat – het sy amptenare teen hom 'n komplot gesmee oor die bloed van die seun van Jojada, die priester. Hulle het hom op sy bed om die lewe gebring – so het hy gesterf. Hy is in die Stad van Dawid begrawe, maar hulle het hom nie in die grafte van die konings begrawe nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe hulle weggaan, het Joas ernstige seerplekke gehad. Party van sy amptenare het besluit om hom dood te maak omdat hy gesê het hulle moet die seun van die priester Jojada vermoor. Die amptenare het vir Joas op sy bed vermoor. Hy het gesterf, en hulle het hom begrawe in die Dawidstad, maar nie in die grafte waar hulle die konings begrawe het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die Arameërs terugtrek, het hulle Joas swaar gewond agtergelaat. Joas se eie amptenare het toe teen hom saamgesweer om hom terug te betaal vir Sagaria se dood. Hulle het Joas in sy bed vermoor. Joas is in die Dawidstad begrawe, maar nie in die koningsgrafte nie.