2 Chronicles 24:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En aan die einde van die jaar het die leër van Aram teen hom opgetrek, en hulle het na Juda en Jerusalem gekom en al die vorste van die volk onder die volk uit verdelg en al die buit van hulle gestuur aan die koning van Damaskus.
Afrikaans (NLV) 2011 Met die wisseling van die jaar het die Aramese leër teen Joas opgetrek. Hulle het Juda en Jerusalem binnegeval en al die leiers van die volk doodgemaak. Daarna het hulle al die buit na hulle koning in Damaskus gestuur.
Afrikaans 1933/1953 En by die wisseling van die jaar het 'n leër van Aram teen hom opgetrek, en hulle het in Juda en Jerusalem aangekom en al die volksowerstes onder die volk uitgeroei en al hulle buit na die koning van Damaskus gestuur.
Afrikaans 1983 Met die wisseling van die jaar het die leër van die Arameërs 'n aanval op Joas gemaak. Hulle het Juda en Jerusalem binnegedring, al die leiers van die volk doodgemaak en die buit wat hulle gemaak het, vir die koning van Damaskus gestuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Teen die wending van die jaar het die leër van die Arameërs teen hom opgetrek. Hulle het Juda en Jerusalem binnegedring, al die bevelvoerders van die volk uit die geledere van die volk uitgewis, en al die buit wat hulle gemaak het, na die koning van Damaskus gestuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die einde van die jaar. Die leër van die Arameërs het vir Joas en sy leër kom aanval. Die Arameërs het na Juda en Jerusalem gekom en hulle het al die leiers van die volk doodgemaak. Hulle het al die goed wat hulle gevat het, vir die koning van Damaskus gestuur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Teen die einde van die jaar het die Arameërs Joas aangeval. Hulle het Juda en Jerusalem ingeval en al die leiers doodgemaak. Hulle het al die goed wat hulle gevat het, na hulle koning in Damaskus teruggestuur.