2 Chronicles 24:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het koning Joas nie gedink aan die goedhartigheid wat sy vader Jojada aan hom bewys het nie, maar sy seun gedood. En toe hy gesterf het, sê hy: Mag die HERE dit aanskou en eis dit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Joas het nie gedink aan die goedheid wat Jojada aan hom bewys het nie, maar sy seun doodgemaak. Sagaria se laaste woorde toe hy sterf, was: “Mag die Here sien wat julle doen en julle straf!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En koning Joas het nie gedink aan die guns wat sy vader Jojada aan hom bewys het nie en het sy seun vermoor. Maar toe die sterwe, het hy gesê: Mag die HERE dit sien en rekenskap vorder! |
| Afrikaans 1983 | Koning Joas het nie gedink aan die liefde wat sy pleegvader Jojada aan hom bewys het nie. Hy het Jojada se seun vermoor. Sagaria het, toe hy sterf, gesê: “Die Here sien dit, Hy sal julle straf!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Koning Jehoas het nie die troue liefde onthou wat Sagaria se vader, Jojada, aan hom betoon het nie, en het sy seun vermoor. Toe hy sterf, het hy gesê: “Mag die Here dit sien en rekenskap eis.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Koning Joas het nie onthou dat Sagaria se pa Jojada goed was vir hom nie, hy het gesê hulle moet Jojada se seun vermoor. Toe Sagaria sterf, het hy gesê: “Ek bid dat die Here dit sien en dat Hy jou sal straf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sonder om terug te dink aan Jojada se lojaliteit aan hom, het Joas vir Sagaria, Jojada se seun, laat doodmaak. Sagaria se laaste woorde was: “Mag die Here sien wat hulle doen en hulle daarvoor straf!” |