2 Chronicles 24:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het teen hom sameswering gemaak en hom met klippe gestenig op bevel van die koning in die voorhof van die huis van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die leiers saamgesweer om Sagaria dood te maak. Op bevel van koning Joas het hulle hom in die voorhof van die tempel gestenig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop smee hulle 'n sameswering teen hom en stenig hom op bevel van die koning in die voorhof van die huis van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Maar hulle het 'n vals aanklag teen Sagaria bedink en hom op bevel van die koning met klippe doodgegooi in die voorhof van die huis van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het egter 'n komplot teen Sagaria gesmee en hom op bevel van die koning met klippe doodgegooi in die voorhof van die huis van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die mense het saam besluit om vir Sagaria dood te maak en hulle het hom met klippe doodgegooi op die oop stuk grond by die tempel. Die koning het gesê hulle moet dit doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die leiers het toe teen Sagaria saamgesweer. Op koning Joas se bevel het hulle hom in die voorhof van die Here se tempel met klippe doodgegooi. |