2 Chronicles 24:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Gees van God het oor Sagaria, die seun van die priester Jójada, gekom wat bo die volk gestaan het, en vir hulle gesê: So sê God: Waarom oortree julle die gebooie van die HERE, sodat julle nie voorspoedig kan wees nie? omdat julle die HERE verlaat het, het Hy julle ook verlaat. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die Gees van God op Sagaria seun van Jojada die priester gekom. Hy het voor die volk gesê: “Dit is wat God sê: Hoekom oortree julle die gebooie van die Here? Julle sal nie voorspoedig wees nie. Julle het die Here verlaat, en nou het Hy julle verlaat!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die Gees van God Sagar¡a, die seun van die priester Jojada, vervul, en die het voor die volk gaan staan en aan hulle gesê: So spreek God: Waarom oortree julle die gebooie van die HERE en wil julle nie voorspoedig wees nie? Omdat julle die HERE verlaat het, het Hy julle verlaat. |
| Afrikaans 1983 | Die Gees van God het vir Sagaria seun van die priester Jojada in besit geneem. Sagaria het voor die volk gaan staan en vir hulle gesê: “So sê God: Waarom oortree julle die gebooie van die Here? Dit sal nie met julle goed gaan nie. Omdat julle die Here verlaat het, sal Hy julle verlaat.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Gees van God het toe van Sagaria, seun van die priester Jojada, besit geneem. Hy het hoër as die volk gaan staan en vir hulle gesê: “So sê God, ‘Waarom oortree julle die gebooie van die Here? Julle sal nie voorspoedig wees nie. Omdat julle die Here verlaat het, het Hy julle verlaat.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het die Gees van God gekom in Sagaria seun van die priester Jojada. Sagaria het voor die mense gaan staan en hy het vir hulle gesê: “Hoekom doen julle nie wat die gebooie van die Here sê nie? Dit sal nie goed gaan met julle nie, want julle het die Here gelos, en nou het Hy júlle gelos.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here se Gees het toe vir Sagaria in besit geneem. Hy was Jojada, die priester, se seun. Hy het voor die volk opgestaan en vir hulle gesê: “Hier is ’n boodskap van God spesiaal vir julle: Waarom luister julle nie na die Here se opdragte nie? Dit is tot julle eie nadeel! Julle het die Here verlaat, nou gaan Hy julle verlaat.” |