2 Chronicles 24:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die huis van die HERE, die God van hulle vaders, verlaat en heilige boomstamme en drekgode gedien, en toorn het oor Juda en Jerusalem gekom oor hierdie hulle oortreding. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het toe besluit om die tempel van die Here, die God van hulle voorouers, te verlaat. Hulle het eerder die Asjerapale en afgode aanbid. Die toorn van God het weens hierdie sonde teen Juda en Jerusalem ontbrand. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hulle het die huis van die HERE, die God van hulle vaders, verlaat en het die heilige boomstamme en die afgode gedien. Toe kom daar 'n toorn oor Juda en Jerusalem weens hierdie skuld van hulle. |
| Afrikaans 1983 | Toe het hulle die huis van die Here die God van hulle voorvaders verlaat en gewyde pale en afgodsbeelde gaan dien. Met dié sondige optrede van hulle het Juda en Jerusalem die toorn van die Here op hulle gehaal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die huis van die Here, die God van hulle voorouers, verlaat, en die asjeras en afgodsbeelde gedien. Toe het 'n oordeel uit toorn Juda en Jerusalem getref oor hierdie skuldlas van hulle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die tempel gelos en hulle het gewyde pale en afgode gedien. Die Here het kwaad geword vir die mense van Juda en Jerusalem oor hierdie verkeerde dinge wat hulle gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het besluit om die tempel van die Here, die God van hulle voorouers, te verwaarloos. Hulle het pale wat ter ere van die afgod Asjera opgerig is, saam met ander afgodsbeelde begin vereer. Hieroor was die Here woedend vir Juda en Jerusalem. |