2 Chronicles 24:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ná die dood van Jójada het die vorste van Juda gekom en hulle voor die koning neergebuig. Toe het die koning na hulle geluister.
Afrikaans (NLV) 2011 Na Jojada se dood het die leiers van Juda gekom, voor koning Joas gebuig en hom oorreed om na hulle raad te luister.
Afrikaans 1933/1953 Maar ndie dood van Jojada kom die owerstes van Juda en buig hulle voor die koning neer. Toe het die koning na hulle geluister,
Afrikaans 1983 Na die dood van Jojada het die leiers van Juda die koning kom ophemel, en hy het hom dit laat geval.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ná die dood van Jojada het die leiers van Juda gekom en diep voor die koning neergebuig; toe het die koning na hulle geluister.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat Jojada gesterf het, het die amptenare van Juda voor die koning kom buig, en hy het gedoen wat hulle gevra het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ná Jojada se dood het die leiers van Juda vir Joas besoek en voor hom neergebuig. Hulle het hom oortuig om van nou af húlle raad te volg.