2 Chronicles 24:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle dit klaar gemaak het, het hulle die res van die geld voor die koning en Jójada gebring, waarvan die voorwerpe gemaak is vir die huis van die HERE, voorwerpe om te dien en om saam te offer, en lepels en voorwerpe van goud en silwer. En hulle het gedurigdeur brandoffers in die huis van die HERE gebring, al die dae van Jójada. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe al die herstelwerk afgehandel was, het hulle die oorblywende bedrag geld teruggebring na die koning en na Jojada. Dit is gebruik om gereedskap vir die tempel van die Here te maak. Dit was werktuie vir die brandoffers, insluitend die bakke en ook goue en silwer gereedskap. So lank as wat Jojada die priester gelewe het, is die brandoffers voortdurend in die tempel van die Here gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle klaar was, het hulle die orige geld voor die koning en Jojada gebring, en hy het daarvan gereedskap laat maak vir die huis van die HERE, diens-- en offergereedskap en rookpanne en goue en silwervoorwerpe; en hulle was gedurigdeur besig om brandoffers te bring in die huis van die HERE al die dae van Jojada. |
| Afrikaans 1983 | Nadat die werk afgehandel is, is die geld wat oorgebly het, aan die koning en Jojada oorhandig, wat daarmee tempelgereedskap laat maak het: gereedskap vir die tempeldiens en die offers, panne, en ook goue en silwergereedskap. Solank Jojada geleef het, is daar voortdurend brandoffers by die tempel gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle klaar was met die werk, het hulle die res van die geld voor die koning en Jojada gebring. Hy het daarvan gereedskap gemaak vir die huis van die Here: gereedskap vir die dienswerk en die •brandoffers, bakke en ander goue en silwergereedskap. Hulle het gereeld brandoffers gebring in die huis van die Here, solank Jojada geleef het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle klaar was, het hulle die geld wat oorgebly het, vir die koning en vir Jojada gegee, en hulle het gereedskap laat maak vir die tempel, gereedskap vir die werk by die tempel en vir die brand-offers. Hulle het ook panne en goue goed en silwergoed gemaak. Hulle het brand-offers gebring na die tempel so lank soos Jojada gelewe het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hulle klaar was, het die kontrakteurs die geld wat oorgebly het, vir Joas en Jojada teruggebring. Dit is gebruik om ’n klomp spesiale voorwerpe vir die tempel te laat maak. Die voorwerpe is in die erediens en die offerdiens gebruik: panne en gereedskap van goud en silwer. So lank as wat Jojada die priester geleef het, is daar gereeld brandoffers in die tempel van die Here gebring. |