2 Chronicles 24:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die werksmanne het toe gewerk, en die werk is deur hulle voltooi, en hulle het die huis van God in sy toestand gestel en dit versterk.
Afrikaans (NLV) 2011 Die manne in bevel van die opknapping het hard gewerk en geleidelik vordering gemaak. Hulle het die tempel van God volgens die oorspronklike planne gerestoureer en dit versterk.
Afrikaans 1933/1953 En die uitvoerders van die werk was ywerig besig, sodat die herstellingswerk deur hulle hand gevorder het, en hulle het die huis van God herstel volgens sy oorspronklike bouplan en dit reggemaak.
Afrikaans 1983 Die werkers het gewerk en die herstelwerk het vinnig gevorder. Hulle het die tempel herbou sodat dit weer was soos vroeër; hulle het dit weer sterk gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die werksmanne het gewerk, en die herstelwerk het in hulle hande goed gevorder. Hulle het die huis van God opgebou tot sy oorspronklike ontwerp en dit versterk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat die werk moes doen, het dit gedoen, en dit het goed gegaan met die werk. Hulle het die tempel reggemaak soos dit moet wees, hulle het dit weer sterk gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die kontrakteurs het hulle goed van hulle taak gekwyt. Die werk het vinnig gevorder en die tempel is tot sy oorspronklike glorie herstel.