2 Chronicles 24:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die koning en Jójada het dit gegee aan diegene wat die dienswerk van die huis van die HERE gedoen het, en hulle het messelaars en skrynwerkers gehuur om die huis van die HERE te herstel, en ook aan die yster en koper om die huis van die HERE te herstel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die koning en Jojada het die geld aan die toesighouers oor die konstruksiewerk van die tempel van die Here gegee. Húlle het weer messelaars en skrynwerkers gekry om die tempel van die Here te herstel. Hulle het ook metaalwerkers gehuur. Hulle het voorwerpe van yster en brons gemaak vir die herstelwerk van die tempel van die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die koning en Jojada het dit aan die uitvoerders van die werk aan die huis van die HERE gegee, en die het klipkappers en skrynwerkers gehuur om die huis van die HERE te herstel, en ook yster-- en kopersmede om die huis van die HERE te verbeter. |
| Afrikaans 1983 | Die koning en Jojada het die geld oorhandig aan die mense wat vir die instandhouding van die huis van die Here moes sorg, en dié het klipkappers en ander vakmanne in diens geneem om die huis van die Here te herstel, en ook vakmanne in yster en brons vir die opknapwerk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die koning en Jojada het dit gegee aan hulle wat die dienswerk in die huis van die Here moes uitvoer. Hulle het dan klipkappers en skrynwerkers gehuur om die huis van die Here op te knap, ook bewerkers van yster en brons, om die huis van die Here te herstel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning en Jojada het dan die geld gegee vir die mense wat die tempel moes regmaak. Hulle het mense wat klippe gekap het, gehuur om die tempel reg te maak, en ook ambagsmanne en mense wat met yster en brons kon werk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Koning Joas en Jojada het die geld aan die kontrakteurs uitbetaal wat aangestel is om die tempel te herstel. Die kontrakteurs het klipkappers en skrynwerkers aangestel om die herstelwerk aan die tempel te doen. Hulle het ook metaalsmede aangestel om yster- en bronsvoorwerpe vir die tempel te maak. |