2 Chronicles 23:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het die priester Jojada aan die owerstes oor honderd spiese en skilde en skilde wat aan koning Dawid behoort het, wat in die huis van God was, oorgegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Jojada die bevelhebbers oor 100 voorsien van spiese en groot en klein skilde wat voorheen aan koning Dawid behoort het en in die tempel van God bewaar is.
Afrikaans 1933/1953 En die priester Jojada het aan die owerstes oor honderd die spiese en die klein skilde gegee en die skilde van koning Dawid wat in die huis van God was;
Afrikaans 1983 Daarna het Jojada die spiese en die groot skilde en die klein ronde skilde wat nog aan koning Dawid behoort het en in die tempel van God was, aan die bevelhebbers oor honderd uitgedeel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester Jojada het vir die aanvoerders van honderd die vegspiese, kleinskilde en ook rondeskilde wat aan koning Dawid behoort het, en in die huis van God was, gegee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester Jojada het vir die hoof-offisiere die spiese en die skilde gegee wat aan Dawid behoort het en wat nog in die tempel was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jojada het toe vir die offisiere van die spiese en skilde gegee wat Dawid vroeër in die tempel laat stoor het.