2 Chronicles 23:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Leviete en die hele Juda het gedoen volgens alles wat die priester Jojada beveel het, en elkeen sy manne geneem wat op die sabbat ingaan, saam met die wat op die sabbat moes uitgaan; want die priester Jojada het nie afgedank nie en die kursusse.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Leviete en die hele Juda het presies so gedoen soos Jojada die priester beveel het. Elke bevelvoerder het sy manskappe geneem, dié wat op die Sabbat diens moes doen, asook dié wie se verpligtings voltooi was. Jojada die priester het nie toegelaat dat enigiemand huis toe gaan nadat hulle werkskof geëindig het nie.
Afrikaans 1933/1953 En die Leviete en die hele Juda het gedoen net soos die priester Jojada beveel het: elkeen het sy manne geneem wat op die sabbat inkom saam met die wat op die sabbat uitgaan; want die priester Jojada het die afdelings nie ontslaan nie.
Afrikaans 1983 Die Leviete en die hele Juda het alles gedoen wat die priester Jojada beveel het. Elkeen het sy manne geneem, dié wat op die sabbat diens moes doen sowel as dié wat klaar was met hulle diens, want die priester Jojada het nie die priesterafdelings laat verdaag nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Leviete en die hele Juda het gemaak net soos die priester Jojada beveel het. Elkeen het sy manne geneem, dié wat aan diens was op die Sabbat en dié wat van diens af was op die Sabbat, want die priester Jojada het nie die afdelings afgegee nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Leviete en die priesters het alles gedoen wat die priester Jojada gesê het. Elkeen het sy manne geneem wat op die Sabbatdag moes kom werk, saam met die manne wat klaar gewerk het, want die priester Jojada het nie die werkgroepe laat teruggaan na hulle huise nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Leviete en die ander Judeërs het Jojada se bevele presies uitgevoer. Elke leier het ’n dubbele diensgroep gehad, naamlik dié wat aan diens gekom het, maar ook dié wie se diensbeurt verby was, want Jojada het hulle nie laat huis toe gaan na hulle klaar gewerk het nie.