2 Chronicles 23:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die Leviete moet die koning rondom trek, elkeen met sy wapens in sy hand; en elkeen wat anders in die huis ingaan, moet gedood word; maar wees saam met die koning as hy ingaan en as hy uitgaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Leviete, julle vorm die lyfwag van die koning. Hou julle wapens gereed. Enige ongemagtigde persoon wat die tempel binnegaan, moet doodgemaak word. Bly die hele tyd by die koning.”
Afrikaans 1933/1953 En die Leviete moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en hy wat in die huis ingaan, moet gedood word, en julle moet by die koning wees as hy in-- en as hy uitgaan.
Afrikaans 1983 Die Leviete moet om die koning wees, elkeen met sy wapen in sy hand. Enigiemand anders wat in die tempel wil ingaan, moet doodgemaak word. Bly by die koning, oral waar hy gaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Leviete moet reg rondom die koning stelling inneem, elkeen met sy wapens in sy hand. Enigeen wat die •tempel binnegaan, moet doodgemaak word. Julle moet by die koning wees wanneer hy ingaan en uitgaan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Leviete moet rondom die koning staan, elkeen moet sy wapen in sy hand hou. Hulle moet almal doodmaak wat by die tempel wil kom, en hulle moet by die koning bly oral waar hy gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle Leviete moet ’n lyfwag rondom die koning vorm. Hou julle wapens gereed en maak enigiemand dood wat ongemagtig in die tempel inkom. Bly die hele tyd by die koning en pas hom op.”