2 Chronicles 23:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar laat niemand in die huis van die HERE kom nie, behalwe die priesters en die wat van die Leviete dien; hulle moet ingaan, want hulle is heilig; maar die hele volk moet die waak van die HERE hou.
Afrikaans (NLV) 2011 Onthou dat net die priesters en Leviete aan diens die tempel van die Here mag binnegaan, want hulle is daarvoor afgesonder. Die res van die mense moet die Here se voorskrifte gehoorsaam en buite bly.
Afrikaans 1933/1953 Maar niemand mag in die huis van die HERE ingaan nie, behalwe die priesters en diensdoende Leviete; hulle mag ingaan, want hulle is heilig; maar die hele volk moet die verordening van die HERE hou.
Afrikaans 1983 Niemand mag in die huis van die Here ingaan nie behalwe die priesters en die Leviete wat daar diens doen. Húlle kan ingaan, want hulle is daartoe gewy. Al die ander mense moet hulle aan die bepalings van die Here hou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Niemand mag die huis van die Here binnegaan nie, behalwe die priesters en diegene van die Leviete wat diens doen. Net hulle mag ingaan, omdat hulle gewy is. Die hele volk moet egter die verpligtinge teenoor die Here nakom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet niemand by die tempel laat kom nie, net die priesters en die Leviete wat moet werk, mag daar kom. Hulle mag inkom, want hulle is gewy. Al die ander mense moet gehoorsaam wees aan wat die Here gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Niemand behalwe die priesters en Leviete wat in die tempel moet gaan werk, mag in die tempel ingaan nie. Net die mense wat in die tempel moet gaan werk, mag daar ingaan. Al die ander moet buite bly.