2 Chronicles 23:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele vergadering het 'n verbond met die koning gesluit in die huis van God. En hy sê vir hulle: Kyk, die seun van die koning sal koning wees, soos die HERE van die seuns van Dawid gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het almal by die tempel van God bymekaargekom en ’n verbond met Joas, die jong koning, gesluit. Jojada het vir hulle gesê: “Die tyd het aangebreek dat die koning se seun moet regeer! Die Here het belowe dat ’n afstammeling van Dawid ons koning sou wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die hele vergadering het in die huis van God met die koning 'n verbond gesluit. Toe sê hy vir hulle: Kyk, die seun van die koning moet koning wees soos die HERE oor die seuns van Dawid gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | en daar het die hele gemeente in die tempel 'n verbond met koning Joas gesluit. Jojada het vir hulle gesê: “Die seun van koning Ahasia moet koning word volgens die belofte van die Here oor die nageslag van Dawid. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die hele geloofsgemeenskap het in die huis van God 'n verbond gesluit met die koning. Jojada het vir hulle gesê: “Kyk, 'n seun van die koning moet, soos die Here beloof het, regeer oor die nageslag van Dawid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het die hele volksvergadering by die tempel 'n ooreenkoms gemaak met die koning. Jojada het vir hulle gesê: “Hier is die prins, hy moet koning word, die Here het dit belowe vir die nageslag van Dawid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle almal het toe in die tempel van God vergader en ’n ooreenkoms met Joas, die jong koning, aangegaan. Jojada het vir hulle gesê: “Dis tyd dat die koning se seun ons regeer. Die Here het belowe dat ’n seun uit Dawid se nageslag altyd ons koning sal wees. |