2 Chronicles 23:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die owerstes oor honderd en die edeles en die goewerneurs van die volk en die hele volk van die land geneem en die koning uit die huis van die HERE afgebring, en hulle het deur die Hoëpoort in die koning se huis gekom, en sit die koning op die troon van die koninkryk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het die bevelvoerders oor honderd, die hooggeplaastes, die volksleiers en al die burgers van die land die koning begelei uit die tempel van die Here. Hulle het deur die boonste poort na die paleis gegaan en die koning op die koninklike troon laat sit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die owerstes oor honderd geneem en die vername manne en die wat oor die volk geheers het, en die hele volk van die land, en hy het die koning uit die huis van die HERE afgebring; en hulle het deur die Boonste Poort in die huis van die koning gekom en die koning op die koningstroon laat sit. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het Jojada die bevelhebbers oor honderd, die hooggeplaastes, die hoë regeringsamptenare en al die burgers van die land met hom saamgeneem en die koning uit die huis van die Here gebring. Hulle het deur die Boonste Poort na die paleis toe gegaan, en daar het hulle die koning sy plek op die troon laat inneem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die aanvoerders van honderd, die magtiges, die heersers onder die volk en die hele volk van die land geneem en die koning uit die huis van die Here afgebring. Hulle het die koninklike paleis deur die Boonste Poort binnegegaan en die koning op die koninklike troon laat plaasneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die hoof-offisiere en die leiers en die regeerders van die volk en al die belangrike mense van die land saamgeneem. Hulle het die koning uit die tempel gebring en hulle het deur die boonste poort na die paleis gegaan. Hulle het die koning op die troon van die koning laat sit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het die militêre offisiere, die hoofde van families, ander leiers en die hele volk die koning uit die tempel na die paleis toe begelei. Hulle het deur die boonste ingang van die paleis gegaan en die koning op die troon laat sit. |