2 Chronicles 23:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het in Juda rondgetrek en die Leviete uit al die stede van Juda en die familiehoofde van Israel versamel, en hulle het in Jerusalem aangekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie manne het deur die hele Juda gegaan en die Leviete en familiehoofde in die dorpe bymekaargemaak. Hulle het opdrag gekry om na Jerusalem toe te kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het in Juda rondgetrek en die Leviete vergader uit al die stede van Juda, en die familiehoofde van Israel; en hulle het na Jerusalem gekom. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het in Juda rondgegaan en die Leviete uit al die stede van Juda bymekaargemaak, en ook die familiehoofde van Israel. Almal is na Jerusalem toe, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het in Juda rondgegaan en die Leviete byeengebring uit al die dorpe van Juda, en ook die familiehoofde van Israel. Hulle het in Jerusalem aangekom, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het toe rondgegaan in die land Juda en hulle het die Leviete en die familiehoofde van al die stede van Juda bymekaargeroep. Toe het hulle na Jerusalem gekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het deur die hele Juda gereis en die Leviete in die Judese stede en die Israelitiese familiehoofde opgeroep om in Jerusalem bymekaar te kom. |