2 Chronicles 23:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die poortwagters aangestel by die poorte van die huis van die HERE, sodat niemand wat in enige ding onrein was, sou ingaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook poortwagters by die tempel van die Here aangewys om te sorg dat niemand kon binnegaan wat seremonieel onrein is nie.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die poortwagters aangestel by die poorte van die huis van die HERE, sodat niemand kon inkom wat in enige opsig onrein was nie.
Afrikaans 1983 Hy het ook wagte by die poorte van die huis van die Here geplaas sodat niemand kon inkom wat op die een of ander wyse onrein was nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jojada het die poortwagte laat aantree by die poorte van die huis van die Here, sodat niemand wat in enige opsig •onrein was, kon ingaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jojada het wagte gekies en aangestel by die poorte van die tempel, sodat niemand kan inkom wat onrein is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het wagte by die ingange van die tempel geplaas om te sorg dat mense wat nie daar mag ingaan nie, buite bly.