2 Chronicles 23:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jojada het ook die ampte van die huis van die HERE aangestel deur die priesters, die Leviete, wat Dawid in die huis van die HERE verdeel het, om die brandoffers van die HERE te bring, soos geskrywe is in die wet van Moses: met blydskap en met sang, soos dit deur Dawid bepaal is.
Afrikaans (NLV) 2011 Jojada het die toesig oor die huis van die Here weer aan die Levitiese priesters toevertrou, volgens die voorskrifte van Dawid. Hulle moes ook brandoffers vir die Here bring soos voorgeskryf deur Moses, met gejuig en sang soos Dawid bepaal het.
Afrikaans 1933/1953 Verder het Jojada wagte aangestel in die huis van die HERE onder leiding van die Levitiese priesters wat Dawid ingedeel het vir die huis van die HERE om die brandoffers van die HERE te bring, soos geskrywe is in die wet van Moses, met blydskap en gesang volgens die instelling van Dawid.
Afrikaans 1983 Jojada het die toesig oor die huis van die Here weer toevertrou aan die priesters en die Leviete wat deur Dawid daarvoor aangewys is. Hulle moes die brandoffers vir die Here bring soos dit voorgeskryf is in die wet van Moses, met gejuig en met sang soos Dawid dit gereël het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jojada het die toesig oor die huis van die Here in die hande van die Levitiese priesters gelaat, dié wat Dawid ingedeel het by die huis van die Here om •brandoffers vir die Here te bring, soos daar geskryf staan in die Wet van Moses, en “met vreugderoepe en sang”, soos aangewys deur Dawid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jojada het vir die priesters van die Levi-stam gesê hulle moet kyk dat alles reg gaan in die tempel. Dawid het die priesters gekies en aangestel by die tempel, die priesters moes vir die Here brand-offers bring. So is dit geskryf in die Wette van Moses. Hulle moes dit doen terwyl hulle bly is en sing, soos Dawid gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jojada het toe die tempeldiens in ere herstel: hy het weer die Leviete en priesters aangestel om toesig oor die tempel te hou, soos Dawid bepaal het. Hy het gesê dat hulle weer die brandoffers vir die Here moes bring, soos die wet van Moses voorskryf, en dat hulle dit met vreugde en sang moes doen, soos Dawid gesê het.