2 Chronicles 23:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die hele volk na die huis van Baäl gegaan en dit afgebreek en sy altare en sy beelde verbreek en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die mense het na die Baältempel toe gegaan en dit afgebreek. Hulle het die altare vernietig en die afgodsbeelde verpletter. Hulle het ook Mattan, die priester van Baäl, voor die altare doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het die hele volk in die tempel van Baäl ingegaan en dit afgebreek en sy altare en sy beelde stukkend geslaan, en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare gedood. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die hele volk na die Baälstempel toe gegaan en dit verwoes. Hulle het die altare en die beelde stukkend geslaan en vir Mattan, die Baälspriester, by die altare doodgeslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele volk van die land het toe die tempel van Baäl binnegegaan en dit afgebreek. Sy altare en sy beelde het hulle stukkend gebreek, en vir Mattan, die priester van Baäl, het hulle voor die altare doodgemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het al die mense na die tempel van Baäl gegaan en hulle het dit afgebreek. Hulle het die altare en die beelde stukkend geslaan en hulle het vir Mattan, die priester van Baäl, doodgemaak by die altare. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het hulle almal na die Baältempel toe gegaan. Hulle het die tempel en die altare afgebreek en die afgodsbeelde stukkend geslaan. Toe maak hulle vir Mattan reg voor die altare dood. Hy was Baäl se priester. |