2 Chronicles 23:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die priester Jójada die owerstes oor honderd wat oor die leër aangestel was, uitgebring en vir hulle gesê: Bring haar uit die velde; en elkeen wat haar volg, laat hom met die swaard gedood word. Want die priester het gesê: Moenie haar doodmaak in die huis van die HERE nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jojada die priester beveel toe die leiers wat in bevel was van die soldate: “Neem haar uit die tempel en maak enigeen met die swaard dood wat probeer om haar te red. Moet haar nie hier in die tempel van die Here doodmaak nie.”
Afrikaans 1933/1953 Maar die priester Jojada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, uitgebring en aan hulle gesê: Neem haar weg tussen die rye deur; en die wat agter haar aankom, moet met die swaard gedood word; want die priester het gesê: Julle mag haar nie in die huis van die HERE doodmaak nie.
Afrikaans 1983 Die priester Jojada stuur toe die bevelhebbers oor honderd wat in beheer van die manskappe was, en sê vir hulle: “Bring haar uit die tempel uit! Elkeen wat agter haar aan gaan, moet doodgemaak word. Sy mag nie in die huis van die Here sterf nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester Jojada het toe aanvoerders van honderd, die bevelvoerders van die leër, laat uitgaan en vir hulle gesê: “Neem haar buite die kordon. Dié wat haar volg, moet met die swaard doodgemaak word.” Ja, die priester het gesê: “Julle mag haar nie in die huis van die Here doodmaak nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester Jojada het die hoof-offisiere, die offisiere van die leër, vorentoe laat kom en hy het vir hulle gesê: “Vat haar weg van die mense en maak almal dood wat saam met haar gaan.” Die priester het gesê: “Julle moet haar doodmaak, maar nie hier by die tempel nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jojada het vir die offisiere gesê: “Vang haar en vat haar weg. Enigiemand wat aan haar kant is, moet julle doodmaak. Onthou net, julle mag haar nie in die tempel van die Here doodmaak nie!”