2 Chronicles 23:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy kyk, en kyk, die koning staan by sy gedenksteen by die ingang, en die vorste en die trompette by die koning, en soos geleer om lof te sing. Toe skeur Atalia haar klere en sê: Verraad, verraad! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy het die pasgekroonde koning gesien wat op sy plek van gesag by die pilaar, by die ingang na die tempel gestaan het. Die leiers en trompetblasers was rondom hom, en mense van oral in die land het gejuig en op trompette geblaas. Sangers met musiekinstrumente het die lofliedere gelei. Toe Atalia dit alles sien, het sy haar klere in wanhoop geskeur en geskreeu: “Verraad! Verraad!” |
| Afrikaans 1933/1953 | en toe sy die koning sien staan op sy verhoog by die ingang en die owerstes en die trompetblasers by die koning en dat die hele volk van die land bly is en op die trompette blaas, en die sangers met die musiekinstrumente, terwyl hulle die teken gee om lof te sing, skeur At lia haar klere en roep uit: Verraad, verraad! |
| Afrikaans 1983 | Daar sien sy toe die koning staan op sy plek by die ingang, en die volksleiers en die trompetblasers by hom, en al die burgers van die land wat juig en trompette blaas, en die sangers met hulle musiekinstrumente wat die jubelsang lei. Toe skeur Atalia haar klere en skreeu: “Verraad! Verraad!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy sien toe, sowaar, daar staan die koning by sy pilaar by die ingang, en die aanvoerders met die trompette is by die koning, terwyl die hele volk van die land verheug is, op trompette blaas, en die sangers met musiekinstrumente voorgaan in die lofprysing. Toe skeur Atalia haar klere en roep uit: “Verraad! Verraad!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sy daar kom, sien sy dat die koning by die pilaar naby die ingang staan. Die leiers en die mense wat die trompette geblaas het, was by die koning. Al die mense van die land was bly en hulle het die trompette geblaas. Die mense wat moes sing, het op hulle musiek-instrumente gespeel en hulle het die mense gelei om die Here te prys. Atalia het haar klere geskeur en geskree: “Julle het my verraai, julle het my verraai!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy sien toe dat die koning op sy koninklike verhoog by die ingang van die tempel staan. Die militêre offisiere en die trompetblasers het langs hom gestaan. Terwyl die mense uitbundig juig en trompette blaas, het die sangers musiek gemaak en lofliedere gesing. Atalia het geweet wat dit beteken. Sy het ontsteld haar klere geskeur en geskree: “Verraad! Verraad!” |