2 Chronicles 23:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Atalia die geraas hoor van die mense wat hardloop en die koning prys, het sy na die volk in die huis van die HERE gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Atalia hoor hoe mense hardloop en die koning toejuig, het sy gou na die mense by die tempel van die Here gegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe At lia die stem van die mense hoor wat toestroom en die koning toejuig, het sy na die volk in die huis van die HERE gekom; |
| Afrikaans 1983 | Atalia het gehoor hoe die mense hardloop en die koning huldig, en het ook na die huis van die Here toe gegaan waar hulle was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Atalia die uitroepe hoor van die volk wat naderhardloop en die koning se lof besing, het sy na die volk in die huis van die Here gegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Atalia het gehoor hoe skree die mense terwyl hulle nader hardloop en die koning prys, en sy het na die tempel gekom waar die mense was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Atalia het die lawaai by die tempel gehoor van die mense wat die koning toejuig en uitgegaan om te kyk wat daar gebeur. |