2 Chronicles 23:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hulle die seun van die koning uitgebring en die kroon op hom gesit en hom die getuienis gegee en hom koning gemaak. En Jójada en sy seuns het hom gesalf en gesê: Mag God die koning red! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe bring Jojada en sy seuns vir Joas, die koning se seun, en sit die kroon op sy kop. Hulle het ’n afskrif van God se gebooie aan hom gegee en hom tot koning verklaar. Daarna het hulle hom gesalf. Almal het uitgeroep: “Lank lewe die koning!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het hulle die seun van die koning uitgebring en aan hom die kroon en die Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak; en Jojada en sy seuns het hom gesalf en gesê: Mag die koning lewe! |
| Afrikaans 1983 | Toe bring hulle die seun van die koning vorentoe en kroon hom en oorhandig aan hom die koninklike volmag. So het hulle hom koning gemaak. Jojada en sy seuns het hom gesalf en geroep: “Lank lewe die koning!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe bring hulle die seun van die koning uit en plaas die kroon en koninklike simbole op hom. So het hulle hom koning gemaak. Jojada en sy seuns het hom gesalf en uitgeroep: “Lank lewe die koning!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het Jojada die prins na buite gebring, en hulle het 'n kroon op sy kop gesit. Hulle het 'n brief vir hom gegee. In die brief was geskryf dat hulle hom gekies en aangestel het om koning te wees. Daar was ook geskryf wat hy moes doen. Jojada en die ander priesters het vir Joas gesalf en hulle het gesê: “Ons bid dat die koning lank sal lewe!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jojada en sy seuns het toe vir Joas, die koning se seun, uitgebring en hom koning gemaak. Hulle het ’n kroon op sy kop gesit, die koninklike volmag in sy hand gesit en hom gesalf deur olie op hom uit te giet. Daarna het almal geskree: “Lank lewe die koning!” |