2 Chronicles 23:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die hele volk opgestel, elkeen met sy wapen in sy hand, van die regterkant van die tempel tot by die linkerkant van die tempel, langs die altaar en die tempel, by die koning rondom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die wagte rondom die koning geplaas, gereed met hulle wapens. Hulle het ’n ry gevorm van die suidekant van die tempel af, om na die noordekant, en rondom die altaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hy het al die manskappe opgestel -- elkeen met sy wapen in sy hand, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis, na die altaar en na die huis toe, by die koning rondom. |
| Afrikaans 1983 | Hy het al die manne, elkeen met sy spies in die hand, om die koning laat staan, naby die altaar en die tempel, van die suidekant tot by die noordekant van die tempel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het al die manskappe, elkeen met sy wapen in sy hand, vanaf die regterkant van die tempel tot aan die linkerkant van die tempel laat staan, voor die altaar en voor die tempelgebou, rondom die koning. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het al die manne laat wagstaan om die koning, elkeen het sy wapen in sy hand gehad. Hulle het rondom die koning gestaan, van die suidekant tot by die noordekant van die tempel. Hulle het naby die altaar en die tempel gestaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het die gewapende wagte rondom die koning opgestel. Hulle het ’n ry gevorm van die suidelike hoek van die tempel tot by die noordelike hoek en reg rondom die altaar. |