2 Chronicles 23:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die sewende jaar het Jójada hom versterk en die owerstes oor honderd geneem, Asárja, die seun van Jeróham, en Ismael, die seun van Jóhanan, en Asárja, die seun van Obed, en Maäséja, die seun van Adaja, en Elisafat, die seun van Sigri, met hom 'n verbond sluit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die sewende jaar van Atalia se regering het Jojada die priester besluit om op te tree. Hy het moed geskep en ’n ooreenkoms met vyf leërowerstes aangegaan: Asarja seun van Jerogam, Ismael seun van Joganan, Asarja seun van Obed, Maäseja seun van Adaja en Elisafat seun van Sikri. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar in die sewende jaar het Jojada moed geskep en saam met hom in 'n verbond geneem die owerstes oor honderd: As rja, die seun van Jeroham, en Ismael, die seun van Johanan, en As rja, die seun van Obed, en Maäs,ja, die seun van Ad ja, en Elis fat, die seun van Sigri. |
| Afrikaans 1983 | In die sewende jaar het Jojada besluit om op te tree. Hy het 'n paar bevelhebbers oor honderd in sy vertroue geneem: Asarja seun van Jerogam, Ismael seun van Joganan, Asarja seun van Obed, Maäseja seun van Adaja, en Elisafat seun van Sikri. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die sewende jaar het Jojada moed bymekaargeskraap en die •aanvoerders van honderd, Asarja, seun van Jerogam, Ismael, seun van Joganan, Asarja, seun van Obed, Maäseja, seun van Adaja, en Elisafat, seun van Sigri, betrek om met hom 'n ooreenkoms aan te gaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar in die sewende jaar het Jojada besluit om iets te doen. Hy het 'n ooreenkoms gemaak met die hoofde van die offisiere. Die hoofde was: Asarja seun van Jerogam, Ismael seun van Joganan, Asarja seun van Obed, Maäseja seun van Adaja, en Elisafat seun van Sikri. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In Atalia se sewende regeringsjaar het Jojada ’n paar militêre offisiere in sy vertroue geneem. Hy het ’n ooreenkoms met hulle aangegaan. Hulle was Asarja, Jerogam se seun; Ismael, Joganan se seun; Asarja, Obed se seun; Maäseja, Adaja se seun en Elisafat, Sikri se seun. |