2 Chronicles 22:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Jehu besig was om oordeel te voltrek aan die huis van Agab en die vorste van Juda en die seuns van die broers van Ahásia, wat Ahásia bedien het, gevind het, het hy hulle gedood.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl Jehu besig was om oordeel oor Agab se koningshuis te voltrek, het hy afgekom op leiers van Juda en die seuns van Ahasia se bloedverwante wat Ahasia bygestaan het. Hy het hulle doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 En toe Jehu die strafgerig voltrek aan die huis van Agab, het hy die owerstes van Juda en die seuns van die broers van Ah sia, die dienaars van Ah sia, aangetref en hulle gedood.
Afrikaans 1983 en Jehu was toe juis besig om die straf van God oor die koningshuis van Agab te voltrek. Hy het die amptenare van Juda en die seuns van Ahasia se broers wat in Ahasia se gevolg was, raakgeloop en hulle doodgemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Pas nadat Jehu die oordeel oor die huis van Agab voltrek het, het hy afgekom op die leiers van Juda en die seuns van Ahasia se broers wat Ahasia bygestaan het. Hy het hulle toe om die lewe gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jehu was besig om die familie van Agab te straf. Hy het die amptenare van Juda gekry en ook die seuns van Ahasia se broers, hulle het vir Ahasia gewerk. Jehu het hulle doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl Jehu besig was om Agab se hele familie dood te maak, het hy op ’n groep familielede en amptenare van Ahasia afgekom. Hy het hulle ook doodgemaak.