2 Chronicles 22:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het teruggekeer om in Jísreël genees te word vanweë die wonde wat hom by Rama gegee is toe hy teen Hásael, die koning van Aram, geveg het. En Asárja, die seun van Joram, die koning van Juda, het afgegaan om Joram, die seun van Agab, in Jísreël te sien, omdat hy siek was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Joram het na Jisreël teruggegaan om van die wonde te herstel wat hy opgedoen het in die geveg teen Gasael, die koning van Aram, te Rama. Koning Ahasia van Juda het ook na Jisreël gegaan om hom te besoek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het teruggekom om hom in J¡sreël te laat genees van die wonde wat hom toegebring is by Rama in die oorlog teen H sael, die koning van Aram; en Ah sia, die seun van Joram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in J¡sreël te besoek, want hy was siek. |
| Afrikaans 1983 | en is terug na Jisreël toe om te genees van die wonde wat hy in Ramot opgedoen het toe hy teen die Aramese koning Gasael geveg het. Koning Asarja van Juda, seun van Joram, het vir Joram seun van Agab in Jisreël gaan besoek, want Joram was siek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en hy het teruggekeer om in Jisreël te herstel van sy wonde wat die Arameërs hom toegedien het by Rama, toe hy teen Gasael, koning van Aram, geveg het. Ahasia, seun van Jehoram, koning van Juda, het toe afgegaan om Joram, seun van Agab, in Jisreël te besoek, omdat hy siek was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy het teruggekom na die stad Jisreël sodat sy seerplekke gesond kon word, die seerplekke wat hy gekry het toe hy oorlog gemaak het teen koning Gasael van Aram. Koning Asarja van Juda, seun van Joram, het na die stad Jisreël gekom om vir Joram seun van Agab te besoek, want Joram was siek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Joram het na Jisreël toe gegaan om van sy wonde te herstel. Ahasia het hom toe daar in Jisreël kom besoek. |