2 Chronicles 22:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook volgens hulle raad geloop en saam met Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, getrek om oorlog teen Hásael, die koning van Aram, by Ramot in Gílead, en die Arameërs het Joram verslaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Onder invloed van hulle raad het koning Ahasia ’n verdrag met koning Joram, seun van Agab van Israel, gesluit. Hulle het uitgetrek teen koning Gasael van Aram in Ramot-Gilead, maar die Arameërs het Joram in die geveg gewond. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het ook volgens hulle raad gewandel en met Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, saamgetrek in die oorlog teen H sael, die koning van Aram, by Ramot in G¡lead; maar die Arameërs het Joram gewond. |
| Afrikaans 1983 | Dit was ook op hulle advies dat hy saam met Joram seun van koning Agab van Israel betrokke geraak het in 'n oorlog teen koning Gasael van die Arameërs in Ramot in Gilead. Joram is deur die Arameërs gewond |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het ook hulle raad gevolg en saam met Joram, seun van Agab, koning van Israel, gegaan vir die geveg teen Gasael, koning van Aram, by Ramot in Gilead. Die Arameërs het Joram toe gewond, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het gedoen wat die familie van Agab vir hom gesê het om te doen. Ahasia het saam met Joram seun van koning Agab van Israel oorlog gaan maak teen koning Gasael van Aram. Dit was by die stad Ramot in Gilead. Die Arameërs het daar vir Joram raakgeskiet, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het aanbeveel dat hy saam met Joram teen die Arameërs moes gaan veg. Joram was Agab se seun en koning van Israel. Hulle twee het toe by Ramot in Gilead teen Gasael, die Aramese koning, oorlog gaan maak. Die Arameërs het Joram in die geveg gewond. |