2 Chronicles 22:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het hy gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE soos die huis van Agab, want hulle was sy raadgewers ná die dood van sy vader tot sy verderf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het gedoen wat verkeerd was vir die Here, net soos die koningshuis van Agab gedoen het. Na die dood van sy pa het Agab se familie sy raadgewers geword. Hulle het hom tot ondergang gelei. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE soos die huis van Agab, want hulle was sy raadgewers ndie dood van sy vader, hom tot 'n verderf. |
| Afrikaans 1983 | Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, net soos die koningshuis van Agab, want na sy pa se dood was hulle sy raadgewers, en dit het sy ondergang beteken. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, net soos die huis van Agab, want hulle was sy raadgewers ná die dood van sy vader, tot sy eie ondergang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, hy het gedoen soos die familie van Agab, want ná sy pa se dood was hulle sy raadgewers. Dit is hoekom hy gesterf het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het dinge gedoen wat vir die Here totaal en al onaanvaarbaar was. Hy was net soos Agab se familie. Na sy pa se dood was hulle sy raadgewers. Dit het tot sy ondergang gelei. |