2 Chronicles 22:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Twee en veertig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en hy het een jaar in Jerusalem geregeer. En die naam van sy moeder was Atalia, die dogter van Omri.
Afrikaans (NLV) 2011 Ahasia was 22 jaar oud toe hy koning geword het en het een jaar in Jerusalem regeer. Sy ma was Atalia, ’n kleindogter van Omri.
Afrikaans 1933/1953 Twee en twintig jaar was Ah sia oud toe hy koning geword het, en een jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was At lia, die dogter van Omri.
Afrikaans 1983 Hy was twee en veertig toe hy koning geword het en was 'n jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Atalia, 'n dogter van Omri.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ahasia was twee-en-veertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het een jaar lank as koning geheers in Jerusalem. Sy moeder se naam was Atalia, kleindogter van Omri.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy was 42 jaar oud toe hy koning geword het, en hy was een jaar lank koning in Jerusalem. Sy ma was Atalia, 'n kleindogter van Omri.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy was 22 en hy het net ’n jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Atalia, ’n dogter van Omri.